Back to 1999 Media Release Archive


1999

UNITED DEMOCRATIC MOVEMENT

MEDIA RELEASE


HULDEBLYK: PIET CILLIÉ

PERSVERKLARING UITGEREIK DEUR
 ROELF MEYER, LP  UDM ADJUNK-PRESIDENT

Met die afsterwe van Piet Cillié verloor die joernalistiek - en in die besonder die Afrikaanse pers – een van sy mees legendariese figure.

Piet Cillié was bekend vir sy intellek, sy skerp analitiese denkvermoeë, sy humorsin – ook vir sy vreesloosheid wanneer dit nodig was om te kritiseer, selfs in die binnekringe van die Afrikaner samelewing.

As sulks het hy ‘n vormende invloed op die Afrikaanse perswese gehad, soos wat menige joernalis sal kan getuig. Slegs een van die vele bakens op sy lang en kleurryke lewe is die nagraadse department van joernalistiek op Stellenbosch - een van die voorste joernalistiekskole in die land.

Die invloed van en herinnering aan Piet Cillié sal nog lank voortleef in die kringe waarin hy beweeg het.

Navrae
Roelf Meyer, LP

21 September 1999

Back to 1999 Media Release Archive