Racial polarisation and political intolerance at an all time high statement by National Deputy-Secretary (29 April 1998)
Opposisie politiek: onwelkom of verkeerd aangebied? statement by Media and Marketing Director (26 January 1998)

Tim du Plessis raak in sy artikel "Opposisie is uit" reeds in die eerste paragraaf ook aan die ooglopende antwoord. Die UDM glo dat net so min as wat die "redding en heil" vir Suid Afrika in die "klasieke liberale demokrasie" lę, net so min is die rol van opposisiepartye en opposisie - politiek in die klassieke liberale rol van opposisiepartye gesetel.

Die vraag is nie watter groeperinge in die land vir- sterk opposisie en watter daarteen is nie, maar veel eerder die herdefiniëring van opposisiepartye se rol in die Suid Afrikaanse politiek. Alle onafhanklike meningsopnames sedert die begin van 1997 het getoon dat die ANC as meerderheidsparty steun verloor. Dit het verder aangedui dat geen van die bestaande parlementęre politieke partye by hierdie verlies van steun baat nie. Die stemme swerf dus nog rond. Hierin lę daar twee boodskappe : Ondersteuners van die ANC is wel bereid om hul affiliasie met die ANC te beëindig, en geen van die huidige parlementęre partye bied ‘n alternatief vir hierdie swewende stem nie.

Wanneer die DP en die NP mekaar dus die stryd aansę oor wie nou werklik die effektiefste (lees luidrugtigste) opposisieparty is, verander dit weining aan die werklike politieke prentjie nie. Ja, die DP mag dalk in die proses ‘n paar stemme van die NP wegneem maar die meerderheid kiesers van die land sien steeds nie vir hulself ‘n sielkundige tuiste by enige een van die twee partye nie. Hoe dan ook anders as opposisiepartye hulself as effektief beskou wanneer hulle Nelson Mandela beledig, stem teen wetgewing wat die lewenskwaliteit van die meerderheid van Suid Afrikaners verbeter, en al hul parlementęre aksies daarop dui dat hulle hul huidige (wit) magsbasis probeer konsolideer.

Die UDM, anders as die NP en die DP, het nie nodig om te probeer swart steun trek om as geloofwaardig beskou te word nie. Die meerderheid van die UDM steun is swart, mense wat reeds weg van die ANC vir hulself ‘n politieke tuiste by die UDM gevind het. Die UDM bied aan alle Suid Afrikaners wat wil deel wees van vooruitgang, wat konstruktief wil help bou aan die nuwe Suid Afrika, so ‘n politieke tuiste.

Die UDM sien sy rol na die 1999 – verkiesing verder ook, nie as die van opposisie nie, maar as deel van die regering. Daar is sekere uitdagings wat die land nou in die gesig staar, uitdagings wat suksesvol opgelos moet word in die breër belang van Suid Afrika en sy mense. Landsbelang moet nou bo kleinlike, party - politieke belang gestel word. Dit is hoe die UDM ook sy politiek in die komende jaar en as deel van regering na 1999 sal bedryf. Dit beteken nie dat ons nie krities sal wees wanneer nodig nie, maar dat kritiek so gelewer sal word dat die finale besluit steeds positief beïnvloed kan word. Waar die regering in landsbelang programme implementeer, sal die UDM hul steun en samewerking in die verband gee. Sou die regering egter in partybelang eerder as landsbelang optree, sal die UDM deur sy deelname dit uitwys en alternatiewe verskaf. Die feit dat die NP uit die Regering van Nasionale Eenheid onttrek het, beteken nie dat opposisiepartye nie ‘n konstruktiewe rol het om te speel nie. Dit dui slegs op ‘n onvermoë van die NP se kant om die rol te kon vervul.

Die uitdaging vir opposisiepartye is dus nie om net te skree en raas nie. Dit is veel eerder om die regering in die opstel van sy nasionale prioriteite te beïnvloed en toe te sien dat die ooreengekome prioriteite die nodige aandag ontvang. Indien opposisiepartye nie instaat is om dit te doen nie, dan is die skrif werklik aan die muur en kan die kieser tereg vra oor wat die doel en nut daarvan is om te stem. Wanneer hy stem verkies die landsburger nie net partye as opposisiepartye nie, maar kies hy hulle ook as deel van die regering. Suid Afrikaanse politieke partye loop die risiko dat die kieser hom kan agterlaat. Die grootste uitdaging in 1999 mag dalk juis wees om die kieser by die stembus te kry – dit moet verhoed word.

Dieselfde geld vir die rol van die media. Terwyl ons in ‘n stadium in ons land se geskiedenis is waar dit gaan oor die vestiging en ontwikkeling van die demokrasie behoort die media ook deel van die opleidingsproses te wees. Die boodskap moet ook van die media kom in die daarstelling en bepaling van prioriteite. Die media het ook ‘n rol om te prys waar nodig en te kritiseer waar gefaal word. Die media, in die beskerming en ontwikkeling van ons brose demokrasie, het ook nodig om die alternatief vir die kieser te stel: alternatiewe menings, standpunte en alternatiewe oplossings. Alles gedoen op ‘n regverdige, objektiewe wyse, ten doel om ‘n ingeligte kieser daar te stel.

Sou dit die benadering van almal betrokke wees dan sien ek nie dieselfde donker prentjie as wat Tim skets nie. In die UDM glo ons, dat ons saam die oplossings kan vind - gesetel in Suid Afrika se ryk verskeidenheid.

Back to 1998 Archive